ConsultANZ help Siviele Ingenieurs en Konstruksie Spesialiste met geskikte beroepsrolle in Australië en Nieu-Seeland

South-Africa-engineers

skilled migrants, South Africa,

3952 views

ConsultANZ Recruitment is gevestig in 2012 en is ‘n familiebesigheid wat spesialeer in die plasing van deeltydse-, kontrak- en permanente ingenieurs in beide die ingenieurs- en konstruksie industrieë in Australië, Nieu-Seeland en die Stille Oseaan-eilande.

Ons stigter en Direkteur, Peter Laver, is ‘n gekwalifiseerde Landmeter met meer as 8 jaar se uitgebreide ondervinding in opmeting en siviele ingenieurswese.  Hy het hierdie ondervinding opgedoen in Australië en die UK voordat hy oorgeskakel het na werwing as loopbaan.

ConsultANZ bied beide kontrak- en permanente staflede geleenthede in die volgende sektore:

  • Building                                  
  • Construction                           
  • Surveying                               
  • Marine Construction              
  • Rail                                         
  • Tunnelling                               
  • Civil Engineering Infrastructure         
  • Structural Engineering                       
  • Project Management                         
  • Asset management                           
  • Operations and Maintenance            
  • Piling/Foundations and Geotechnical           
  • Utilities and Services                         
  • Cost Management/ Estimation  

Hoe kan ons jou help om ‘n pos in Australië of Nieu-Seeland te kry

ConsultANZ help Siviele Ingenieurs en Konstruksie Spesialiste om geskikte beroepsrolle in Australië en Nieu-Seeland te vind met groot sukses vandat dit gestig is in 2012.

Ons verstaan dat elke Spesialis ‘n unieke agtergrond, sowel as unieke persoonlike- en loopbaandoelwitte het, en dat hierdie faktore almal in ag geneem moet word voordat enige besluite geneem word.

Ons Konsultante spandeer genoegsame tyd om ons kandidate te leer ken en om julle te help om die regte beroepsbesluite te neem. Hierdie besluite is nie net gebaseer op jou ondervinding nie, maar ook op jou individuele voorkeure (beroepsvordering, fisiese ligging, buigsaamheid, salaris vereistes en meer).

Lees die stories van kandidate wat ons gehelp het om te immigreer van Suid-Afrika na Australië

Interview with Tertius Vermooten, Project Engineer in Sydney

Onderhoud met Tertius Vermooten, Projek Ingenieur in Sydney

Interview with Loubser Steyn, Engineering Surveyor who came over to Australia on a 476 Graduate Visa

Onderhourd met Loubser Steyn, ‘n Landmeter wie oorgekom het na Australië op ‘n 476 Graduate Visa

Voorbeelde van Professionele werkers/spesialiste wat ons plaas in Australië en Nieu-Seeland

  • Cadastral Surveyor
  • Construction Surveyor               
  • Land Surveyor                              
  • Tunnelling Surveyor                   
  • Engineering Surveyor

Construction, Marine Works, Piling, Roading and Earthworks, Pavements, Structures

Konstruksie, Mariene Werke, Heinings/Fondasies, Pad- en Grondwerke, Sypaadjies en Strukture

  • Site Engineer                                   –           Werf Ingenieur
  • Project Engineer                              –           Projek Ingenieur
  • Senior Project Engineer                 –           Senior Projek Ingenieur
  • Project Manager                               –           Projek Bestuurder
  • Project Director                                 –           Projek Direkteur

Ander Professionele Werkers:

  • Civil Supervisor                                –           Siviele Toesighouer
  • Commercial Director                        –           Kommersiële Direkteur
  • Contracts Administrator                  –           Kontrak Administrateur

Borgskap Opsies

As een van die min maatskappye in Australië, besit ConsultANZ ‘n Borgskap lisensie wat ons toelaat om oorsese kandidate te kan borg vir werk in die ingenieurs- en konstruksie industrieë.

As ‘n Goedgekeurde Borgskap Maatskappy, onder die temporary skill shortage visa subclass 482 (TSS visa), kan ons kandidate met die regte kwalifikasies en ondervinding nomineer as hulle beroep deel uitmaak van die  eligible skilled occupations lys.

Waarom ConsultANZ?

  • Ons luister na jou.
  • Ons behandel jou met respek.
  • Ons mors nie jou tyd as ons jou nie kan help nie, maar ons bly in kontak indien daar wel ‘n geskikte pos opkom.
  • Ons hou jou inligting privaat en vertroulik.
  • Ons bied verniet Curriculum Vitae- en onderhoud advies.
  • Ons kan buite ure telefoon- of Skype onderhoude voer.

Registreer jou CV by ons!

Indien jy belang stel om meer van beskikbare siviele, ingenieurs- en landmeter rolle tot jou ondervinding en voorkeure uit te vind, stuur jou CV na [email protected]

^ Back to top